Uniforms: skole mag nie net een afsetpunt hê nie

Die Namibiese Mededingingskommissie het verbruikers aangemoedig om enige eksklusiewe skooluniform-ooreenkomste onmiddellik aan te meld. Dit volg na die kommissie bevind het dat skole nie ouers en voogde net na een winkel toe mag stuur om uniforms vir hulle kinders te bekom nie. Dit is volgens die owerheid, ‘n oortreding van die wetgewing van mededingendheid. Die kommissie sê hy het verskeie klagtes ontvang in die verband, van beide ouers en nuwe verskaffers wat die mark wil betree. Ooreenkomste vir die verskaffing van skooluniforms is blykbaar deur verskeie skole onderteken en ander verkoop weer net uniforms op hulle eie persele. Die kommissie sê hy stel op die oomblik ondersoek in die verband in.