Vakbonde vies vir Sasol se verpligte inenting

Die vakbonde Cosatu en Fedusa sê hulle is ten sterkste gekant teen Sasol se poging om inenting verpligtend vir sy personeel te maak. Die vakbonde sê hulle staan ook die alternatief teen wat werknemers sal verplig om self vir ‘n weeklikse Covid-19-toets te betaal, indien hulle sou kies om nie ingeënt te word nie. ‘n Woordvoerder van Cosatu, Sizwe Pamla, sê Sasol se eise is ongrondwetlik. Hy sê die vakbond beplan om met die maatskappy in gesprek te tree en sal terselfdertyd lede aanmoedig om ingeënt te word: