‘Skouer aan die wiel’ – Noa

Die Teenkorrupsie-kommissie van Namibië se direkteur-generaal, Paulus Noa, gaan weer vir die volgende vyf jaar die kommissie lei, ondanks teenkanting van die meeste politieke partye. Daar is een party wat sy teenkanting teen die heraanstelling van Noa teruggetrek het. Noa het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die kommissie sal steeds voortgaan om korrupsie te beveg.