Vakbond sê ‘sommeliers’ moet voorkeur kry vir inenting

Franse professionele fynproewers van wyn staar volgens internasionale nuusagentskappe ‘n onsekere toekoms in die gesig as gevolg van Covid. Talle het volgens Reuters hulle smaak- en reuk-sintuie verloor met die virus en kan dus geensins ‘n lewe maak nie. ‘n Franse vakbond vir wynproewers het ‘n beroep op die Franse regering gedoen om hulle te prioritiseer vir inentings. Die Franse wyn-industrie is die tweede grootste in die wêreld en is 16,7 miljard Amerikaanse doller jaarliks werd. Meer as 10 miljoen wyntoeriste het die land jaarliks besoek voor die pandemie.