Unicef verduidelik oplewing van cholera, wêreldwyd

Die Verenigde Nasies se Internasionale Kinder-noodfonds, Unicef, het ‘n Wêreldwye Cholera Noodgroep in die lewe geroep om onmiddellik met ‘n wêreldwye stryd teen cholera te begin. Een miljard mense loop die risiko om die aansteeklike siekte op te doen, met kinders onder vyf wat veral kwesbaar is. Die VN-kinderagentskap beoog om 8,7 miljard Namibiese dollar in te samel om die cholera-krisis te pak. Die mede-direkteur vir Openbare Gesondheid, Noodvoorbereiding en Reaksie vir Unicef, Douglas Noble, wys moontlike oorsake vir die oplewing uit: