Cirrus maak finale syfers van Savanna Beef Processors bekend

Cirrus in die hoofstad het sy finale syfers vir die beleggings in Savanna Beef Processors bekend gemaak. Daar is 146 miljoen Namibiese dollar van 549 produsente ontvang, wat meer as 70 persent van sy teiken is. Die Beef Value Chain-forum, wat die projek van stapel gestuur het, poog om ‘n volhoubare beesvleis-industrie in die land te skep. Mecki Schneider, die dryfveer daaragter, sê hulle is uiters tevrede.