Uitspraak in staat se appèl teen Gustavo-borg vandag verwag

Die hooggeregshof sal vandag uitspraak lewer in die appèl deur die staat teen die hoërhofuitspraak waarin Ricardo Gustavo, byna ‘n jaar gelede borgtog van 800 000 Namibiese dollar toegestaan is. Appèlregters Sylvester Mainga, Dave Smuts en Elton Hoff het hul uitspraak op 12 November voorbehou nahulle mondelinge betoë oor die staat se appèl aangehoor het. Hoërhofregter Herman Oosthuizen het die borg verlede jaar aan Gustavo, met streng voorwaardes toegestaan. Gustavo, wat twee jaar in aanhouding was voordat borgtog aan hom toegestaan is, is die enigste persoon onder die tien mans wat in die Fishrot-saak aangekla is, wat tot dusver borgtog gekry het. Intussen word finale betoë vanoggend voor regter David Munsu gelewer in die borgaansoek van Tamson Hatuikulipi.