Numsa vaar uit teen Eskom bestuur

Die metaalwerkersvakbond Numsa sê hy veroordeel die Eskom-bestuur wat minstens 300 skoonmakers en tuiniers by Megawatt Park en die kragvoorsiener se kollege in Midrand sonder werk gelaat het. Die werkers wat aanvanklik aangestel is om skoonmaak- en tuinwerk vir Eskom by JV Kusile te doen, se kontrak het verstryk. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die kontrak is oorgeneem, maar die maatskappy het nie die werkers gehou nie en hulle is nou sonder werk: