Uerikua praat ook oor moratorium op nuwe voertuie (dis reeds gelig)

Die Otjozondjupa-goewerneur James Uerikua het sy stem bygevoeg tot ander goewerneurs wat meen die moratorium op nuwe voertuigaankope moet gelig word. Hy sê die streek se vloot is verouderd.

Die regering reeds ‘n geruime tyd terug president Hage Geingob se vyf-jaar verbod wat hy in Mei in 2020 ingestel, gelig het. Die huidige begroting vir nuwe voertuie is tans 285 persent hoër en verteenwoordig die hoogste bedrag in sewe jaar met 210 miljoen Namibiese dollar wat bestee sal word waarvan die helfte aan die ministerie van veiligheid en sekuriteit sal gaan.