UDM bekommerd oor SA waterinfrastruktuur

Die UDM sê die ANC is reeds drie dekades vas aan die slaap en het nie daarin geslaag om die waterdienslewering en infrastruktuurkrisis in Suid-Afrika suksesvol aan te spreek nie. Adjunkpresident Paul Mashatile het aangekondig hy is deur president Cyril Ramaphosa aangestel om ‘n taakspan oor die waterkrisis te lei. Die sekretaris-generaal van die UDM, Yongama Zigebe, sê Mashatile sal in die komende weke baie besig wees, want hy sal benewens sy gewone pligte die ANC se veldtog moet lei en die land se waterinfrastruktuur moet red.