Twee vrou borg ‘kant’ vir Bongi

Twee vroue het die Afrikaanse woord “kant” namens die Springbok-haker, Bongi Mbonambi, in die beskrywende Afrikaanse woordeboek, Woordeboek van die Afrikaanse Taal, geborg. Dit volg nadat die woord opslae gemaak het omdat die Engelse flank, Tom Curry, tydens verlede naweek se Wêreldbeker-halfeindstryd na bewering verkeerdelik geglo het dis ‘n kwetsende Engelse belediging. Wêreldrugby het vanoggend aangekondig hulle kon nie voldoende bewyse vind om Mbonambi aan te kla nie. Die hoofredakteur van die woordeboek, Phillip Louw, sê hulle het die uiters geslaagde borg-‘n-woord-fondsinsameling in 2010 van stapel gestuur.