Twee van Zambezi vas vir smokkel

Uitdagings by die grens met Zambië blyk om voort te duur. Die Namibiese polisie sê twee Zambiese burgers is in hegtenis geneem oor die beweerde smokkel van beide verbode en nie-verbode goedere na die Zambezi-streek. Die goedere sluit in eiers, sakke houtskool, nie-alkoholiese drankies, whiskey en tradisioneel gebroude bier. Die waarde word op 5 000 Namibiese dollar geskat. Die stasiebevelvoerder by Katima Mulilo, inspekteur Charles Mayumbelo sê die mans van 59 en 43 jaar, is in hegtenis geneem ná ‘n wenk van lede van die publiek.