Fidelity-kontrak was bo verdenking
Eskom ontken berigte dat sy waarnemende hoof, Calib Cassim, ondersoek word weens die nood-sekuriteitskontrak wat aan die Fidelity-groep toegeken is. Daar word berig Cassim het na bewering ‘n spesiale versoek van die kragvoorsiener se veiligheidshoof, Karen Pillay, gemagtig om Fidelity-fakture te betaal wat verband hou met ‘n sekuriteitskontrak van 500 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die kontrak was bo verdenking: