ANC sê daar moet halt geroep word op ZEP 

Die Suid-Afrikaanse departement van binnelandse sake het in die Gautengse hoërhof in Pretoria aangevoer daar is geen regverdiging om met die Zimbabwiese vrystellingspermit-program voort te gaan nie. Die minister Aaron Motsoaledi, daag ‘n besluit van 28 Junie uit wat bevind het sy beëindiging van die permit is ongrondwetlik en onregmatig. Die permitte wat met 12 maande verleng is, laat sowat 178 000 Zimbabwiërs toe om in Suid-Afrika te woon en te werk. Die departement sê die oorspronklike toestande waaruit Zimbabwiërs gevlug het, bestaan nie meer nie. Uitspraak word voorbehou.