Twee Rundu vriendinne vas oor N$200 000 se bedrog

Twee vroue, ‘n finansiële adviseur by Sanlam en ‘n werknemer van Hollard Insurance op Rundu het in die hof verskyn op klagte van bedrog. Die staat beweer dat Victoria Kavu, 32, en die 39-jarige Christophine Shininge ’n Sanlam kliënt uit 200 000 Namibiese dollar bedrieg het. Die twee is reeds op 6 Junie in hegtenis geneem. Volgens die staat het Kavu, wat as Sanlam finansiële adviseur by Bank Windhoek gestasioneer is, na bewering die fondse na Shininge, haar vriendin wat by Hollard werk, oorgeplaas. Die twee het voor landdros Sonia Sampofu verskyn wat hul borg van 40 000 dollar elk na 10 000 dollar verminder het omdat albei die broodwinners in hul huishoudings is.