Twee brande woed in Etosha Nasionale Park

Die Etosha-brande het nou die suidoostelike deel van die Etosha Nasionale Park oorgesteek en woed tans op plase oos van die park. Volgens die woordvoerder van die omgewingsministerie, Romeo Muyunda, is daar twee brande in die park. Een brand het glo van ‘n buurplaas aan die suidekant gekom en die ander een is deur ‘n vonk van ‘n stootskraper veroorsaak wat brandpaaie aan die oostelike kant van die park oopstoot. Volgens Muyunda is die brand van die buurplaas nie ‘n bedreiging nie, maar die een aan die oostekant is van groot kommer. Hy sê spanne is op die grond wat die brand probeer blus.