Denel betaal R4 miljoen aan Solidariteit

Denel het vier miljoen rand aan die vakbond Solidariteit oorbetaal om beslaglegging op sy bates te systap. Solidariteit het vandag bevestig dat Denel die geld betaal het om ’n gedeelte van vakbondlede se agterstallige salarisse te dek. Denel se werknemers is laas in April 2020 ten volle en betyds betaal. Die staat se wapentuigvervaardiger is deur ’n hofbevel van Augustus 2020 verplig om die agterstallige salarisse vir die tydperk Mei tot Julie 2020 te betaal, maar hy het versuim om dit te doen. Solidariteit het Denel vanjaar weer hof toe gesleep vir minagting van die hof, maar die hof het besluit dat Denel se benarde geldsake genoeg van ’n verskoning was om bloot die staatsonderneming onder geregtelike hersiening te plaas.