Volksmoord: GRN behoort hom te skaam

Afstammelinge van die volksmoord-slagoffers is steeds gekant teen die ooreenkoms tussen die Duitse en Namibiese regerings. In die mosie wat tans in die Nasionale Vergadering bespreek word, kritiseer opposielede die Namibiese regering. Dudu Murorua van die United Democratic Front het gesê die regering moet sy kop in skaamte laat sak.