Tshwane sê Eskom praat twak oor beurtkrag-implementering

Die Stad Tshwane het die aantyging van Eskom verwerp, dat hy onder die munisipaliteite is wat versuim om beurtkrag volgens die kragverskaffer se voorskrifte in te stel. Eskom het plaaslike owerhede gewaarsku hy gaan teen hulle optree as hulle weier om beurtkrag vir hulle kliënte in te stel. Die stad se woordvoerder, Selby Bokaba, sê dit is duidelik onwaar, en hulle gaan die kragverskaffer nader om hulle ontevredenheid uit te spreek: