Aansoeke vir EPA-invoere sluit maandeinde

Die Namibiese landbouministerie het ‘n beroep op invoerders gedoen om aansoek te doen vir die SAOG-EU EPA tarief korting kwota vir gars, grane, suiwel, vark en koring produkte. Luidens die EPA-ooreenkoms kan die goedere, tot op ‘n sekere tonnemaat belastingvry ingevoer word vanaf 1 Januarie tot 31 Desember volgende jaar. Invoerders wat koring wil invoer moet ‘n meulenaarslisensie hê. Daar is verskeie verskillende produkte wat kaas, roomys en botter insluit. Die sperdatum vir aansoek is op 30 November.