Tshwane sal nie onder administrasie geplaas word nie – DA
Die DA sê hy sal enige pogings van die Gautengse regering om die Stad Tshwane onder administrasie te plaas, met mag en mening beveg. Dienslewering in die Tshwane-metro word weke lank al lamgelê weens ‘n onwettige staking deur die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersvakbond. ‘n DA-woordvoerder, Kwena Moloto, sê dit word baie duidelik dat die ANC/EFF-koalisie dienslewering belemmer en inwoners se lewens ontwrig omdat hulle Tshwane onder administrasie wil plaas: