Trump uitgejou vir inenting-aanmerkingAugust 23, 2021
Die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump is uitgejou by ‘n politieke byeenkoms wat hy in Alabama gehou het. Hy het die groot groep ondersteuners, wat die meeste sonder enige maskers die byeenkoms bygewoon het, aangesê om ingeënt te word teen Covid, maar toe bygevoeg dat almal hulle vryhede het.