Trump probeer ondersoek na sy maatskappy keer

Die voormalige Amerikaanse president, Donald Trump het ‘n dagvaardiging uitgereik teen New York se aanklaer-generaal Letitia James in ‘n poging om haar te keer om ondersoek in te stel na sy besighede. James stel ondersoek in na die Trump-organisasie met die fokus op die waarde van sy bates wat die staat meen onderwaardeer is om minder belasting te betaal. Die ondersoek is een van twee in die stad met ‘n kriminele ondersoek wat deur die kantoor van die Manhattan distriksaanklaer, Cyrus Vance Jr., voortduur. James het onlangs te kenne gegee dat sy ‘n op 7 Januarie verklaring by Trump soek. Intussen is Trump deur ondersteuners uitgejou toe hy op die Fox-nuus anker, Billy O’Reilly se History Tour aangekondig het hy het ‘n versterkdosis teen Covid ontvang.