Inbraak by WB in Walvis

Media aan die kus berig dat daar gisternag ‘n inbraak by die Woermann Brock op Walvisbaai was. Volgens die jongste berigte het die boewe toegang tot die winkel deur die dak gekry en weggekom met ‘n onbekende hoeveelheid kontant. Die polisie is op die toneel en die winkel is tans gesluit. Die Erongo-streek het die jaar gebuk gegaan onder verskeie rooftogte, veral van kontant in transito en kontant wat vir OTM-banke bestem is wat gebuit is.