TransNamib-staking eers afgelas

Die beplande staking wat môre by TransNamib sou begin, is afgelas. Die Namibiese Vervoer- en Geallieerde-werkers Vakbond, Natau, sou regoor die land gestaak het vir salarisverhogings, en meer. Die maatskappy, wat sedert verlede jaar onderhandel met die vakbond, het die arbeidshof genader en ‘n tydelike interdik bekom tot die saak aan die einde van die maand aangehoor word. TransNamib se woordvoerder Abigail Raubenheimer het meer.