Hoë Wiskunde-druipsyfer wek kommer in SA

Die afname in die getal Suid-Afrikaanse leerders wat Wiskunde op skool neem, is ‘n toenemende rede tot kommer. Navorsing dui daarop dat slegs die helfte van die minder as 30 persent matrieks wat Wiskunde neem, hul eksamen slaag. Die afname kan toegeskryf word aan verskeie faktore, insluitend ‘n tekort aan gekwalifiseerde onderwysers en ‘n gebrek aan hulpbronne. Die studie, wat die Universiteit Stellenbosch gedoen het, het ook bevind die aantal graad 9’s wat Wiskunde druip het verlede jaar tot 80 persent gestyg.