Bokke gee alles vir 30-14 oorwinning teen Wallis

Die Wêreldkampioene Suid-Afrika het hulle beste vir laaste gehou toe hulle Wallis se droom van ‘n toetsreeksoorwinning gisteraand in skerwe laat spat het deur die beslissende wedstryd met 30-14 in Kaapstad te wen. Die Springbokke het die reeks met 2 -1 in hul guns beklink met drieë deur Handré Pollard, Bongi Mbonambi en kaptein Siya Kolisi. Eben Etzebeth is as Speler van die Wedstryd in sy 100ste toetswedstryd aangewys. Engeland het vroeër gister in Sidney ‘n oorwinning van 21-17 in sy derde en beslissende toets teen Australië behaal. En in Wellington het Ierland geskiedenis gemaak met hulle eerste reeksoorwinning ooit oor die All Blacks. Hulle het die beslissende wedstryd met 32-22 gewen.