TransNamib haal nie 2023 teiken nie

TransNamib sê hy ly ’n maandelikse verlies van 10 miljoen Namibiese dollar weens vertragings met die verkryging van finansiering vir sy Geïntegreerde Strategiese Besigheidsplan wat in 2018 geskep is. Die maatskappy benodig sowat 2,5 miljard dollar om die plan in werking te stel. Oor die jare, het TransNamib ‘n aansienlike deel van die waarde van vrag aan padvervoer verloor en om net 10 en 20 persent van die vrag terug te kry, is konsekwente en stabiele kliëntediens sowel as die optimalisering van bedrywighede en ingenieurswese integraal. Die maatskappy het met sy strategiese plan gehoop om ‘n finansiële deurbraak volgende te maak deur 3 miljoen metrieke ton vrag te vervoer. Dit is nou nie meer moontlik nie.