Titan-loods se vrou ‘n afstammeling van Titanic-egpaar

Die vrou van een van die vyf mans in die vermiste mini-duikboot, Titan, is ‘n afstammeling van ‘n egpaar wat dood is toe die Titanic in 1912 gesink het. Die uitvoerende hoof van die duik-maatskappy OceanGate, Stockton Rush, is vermoedelik die loods van die Titan wat Sondag verdwyn het tydens ‘n duiktog na die wrak van die Titanic. Sy vrou, Wendy, se groot-groot-grootouers, die Amerikaanse sake-eienaar Isidor Straus en sy vrou, Ida, was eersteklas-passassiers op die Titanic, wat gesink het op sy nooiensvaart tussen Engeland en Amerika. Volgens beraming is die suurstof van die Titan reeds uitgeput, maar die soektogte duur steeds voort.