Tiger in heldesaal opgeneem

Die wenner van vyftien major-toernooie, Tiger Woods, is in Wêreldgholf se Heldesaal opgeneem. Die 46-jarige Woods is tydens ‘n seremonie by die hoofkwartier van die PGA-reeks in Florida saam met die voormalige kommissaris van die PGA-reeks, Tim Finchem, die wenner van vier major-toernooie, Susie Maxwell, en die baanontwikkelaar en -argitek, Marion Hollins, vereer. ‘n Aangedane Woods het vertel sy familie het ‘n tweede verband op hul huis uitgeneem toe hy 14-jaar oud was, sodat hy sy gholf-droom kon najaag: