Graad 12-uitslae is om 12-uur vanmiddag beskikbaar

Die Namibiese onderwysministerie sê die uitslae van die net meer as 40 000 leerders wat die standaard-graad senior sekondêre sertifikaat geskryf het, sal om 12-uur vanmiddag beskikbaar wees.

Kandidate kan hul uitslae op die ministerie se webtuiste kry of hul kandidaatsnommers na 99 0 99 of 55 7 55 SMS.