Magnussen opgewonde oor terugkeer na Haas

Kevin Magnussen sê hy is opgewonde om dié seisoen na Formule Een terug te keer. Hy neem die plek in van Nikita Mazepin, wie se kontrak gekanselleer is weens Rusland se inval in Oekraïne. Magnussen sê hy het ander planne vir vanjaar gehad, maar hy kon die geleentheid om weer in Formule Een deel te neem, nie misloop nie. Haas se spanbestuurder, Gunther Steiner, sê hulle was op soek na ‘n renjaer wat waarde tot die span kan toevoeg, asook baie ervaring in Formule Een. Daarom, sê hy, was Magnusson ‘n maklike keuse.