Tepco moet betaal oor Fukushima

Japan se hooggeregshof het ‘n bevel gehandhaaf vir Tokyo Electric Power, Tepco om skadevergoeding van 12 miljoen Amerikaanse dollar te betaal aan ongeveer 3 700 mense wie se lewens deur die Fukushima-kernramp verwoes is. ’n Massiewe tsoenami wat ontketen is deur ’n aardbewing van 9.0 op die Richterskaal aan Japan se noordoostelike kus, het Tepco se Fukushima Daiichi-kragsentrale in Maart 2011 getref en die ergste kernramp sedert Chernobyl veroorsaak. Sowat 470 000 mense is in die eerste paar dae gedwing om te ontruim, en tienduisende kon nog nie terugkeer nie. Die hof het ‘n appèl deur Tepco verwerp en beslis dat die maatskappy nalatig in sy veiligheids- en voorkomingsmaatreëls.