Warne se dood was ‘natuurlik’

Die polisie in Thailand sê daar is niks verdag aan die dood van die legendariese Australiese krieket-superster Shane Warne nie en geen kriminele ondersoek is geloods nie. Hy het vermoedelik aan hartaanval gesterf terwyl hy op vakansie was op die eiland Koh Samui. Warne, een van die beste toetskrieketspelers van alle tye, is Vrydag by sy luukse villa by die Samujana-oord bewusteloos gevind. Hy sou volgens berigte vriende ontmoet het maar toe hy nie opdaag nie het hulle hom gaan soek. Ondanks al die pogings deur nood mediese personeel was daar niks wat vir hom gedoen kon word nie.