Tennis: Twee betogers ontwrig wedstryd op Wimbledon

Tennis: Twee betogers het vandag ‘n wedstryd op Wimbledon in Londen vandag ontwrig toe hulle op Baan 18 gehardloop het. Hulle het tydens die wedstryd tussen Grigor Dmitrov van Bulgarye en Sho Shimabukuro van Japan ‘n stof op die gras gestrooi en kruisbeen op die baan gaan sit. Veiligheidsbeamptes het hulle verwyder sonder dat hulle hulle teengesit het en baanpersoneel het die blink stof van die baan af gevee. Die ontwrigting het gevolg ondanks verhoogde veiligheid by die tennistoernooi te midde van ‘n vlaag protesoptredes die afgelope tyd by geleenthede in Brittanje.