Tennis: Alcaraz deur na halfeindstryd van Madrid Ope
Tennis: Carlos Alcaraz het soos verlede jaar weer na die halfeindronde van die Madrid Ope deurgedring. Die 19-jarige Spanjaard het Karen Khachanov van Rusland 6-4, 7-5 verslaan in sy verdediging van die titel. ‘n Oorwinning in Madrid sal beteken dat hy die posisie van die wêreld se nommer-een-speler weer by die Serwiër Novak Djokovich oorneem. Net twee wedstyde staan tussen Alcaraz en ‘n vierde ATP-titel. Hy speel in die halfeindwedstryd teen Borna Coric van Kroasië nadat hy die Duitser Danielo Altmaier 6-3, 6-3 geklop het.