Tennis: Aanhangers sê Venus is oor die muurAugust 31, 2023
Tennis: Aanhangers kritiseer die organiseerders van die Amerikaanse Ope vir die toestaan van ‘n promotors-keuse aan Venus Williams en sê sy het dit waarskynlik ontvang vanweë haar status in Amerikaanse tennis en nie omdat sy dit verdien het nie. Dit volg nadat die Belgiese kwalifiseerder Greet Minnen haar in die eerste ronde 6-1, 6-1 afgeransel het. Die 43-jarige tienmalige Grand Slam-kampioen kon sedert Wimbledon slegs een wedstryd wen en dié week se vernedering was na verwagting haar laaste verskyning op Flushing Meadows. Geesdriftiges sê ander spelers het eerder verdien om ‘n promotors-keuse te wees.