Tegnologie help boere om landbou te moderniseerSeptember 26, 2023
Die Raad vir Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsing sê boere vorder met die modernisering van landbou namate hulle landboutegnologie gebruik om tradisionele boerderymetodes te transformeer. ‘n Senior navorser in gevorderde landbou aan die WNNR, Sabelo Madonsela, sê daar is ‘n aansienlike toename in die gebruik van hommeltuie onder boere om verskeie fasette van landbou te monitor, insluitend presiese toediening van kunsmis om grondgehalte te bepaal. Hy sê boere gebruik hommeltuie om algoritmes te ontwikkel wat die waterhoeveelheid in gewasse voorspel en help om besproeiing en waterbesparing te bevorder.