Teddiebeer-stigting vra strenger wetgewing teen kindermishandeling

Die Teddiebeer-stigting sê Suid-Afrika het regshervorming nodig wat sal verseker kinders kry beter ouersorg terwyl oortreders ook beter vasgevat word. Kinderbeskermingsweek is van stapel gestuur. Die Direkteur van die stigting, Shaheda Omar, sê die veldtog moet mense herinner kinderbeskerming is almal se verantwoordelikheid, en moet regdeur die jaar gebeur. Sy voeg by daar moet meer aandag gegee word aan landelike gemeenskappe omdat kinders daar veral kwesbaar is vir verwaarlosing en geweld.