Tanzaniese besoek afgelas, tot ‘n ander tyd…

Die besoek van die Tanzaniese afvaardiging wat Saterdag in Namibië sou aankom, is tot verdere kennisgewing uitgestel. Hulle sou met plaaslike owerhede vergader het. Dit is die tweede internasionale besoek wat ook afgelas is. Die onlangse beraad met Suid-Afrika is ook ter elfder uur afgelas. Elijah Mukobonda, woordvoerder van die handelsministerie het geen redes verskaf vir die uitstel nie.