Fase ses in Suid-Afrika, stakers intimideer personeel

Eskom het weer fase ses-beurtkrag van vroeg vanmiddag ingestel. Dit is weens die voortgesette onwettige staking van werkers by die nutsmaatskappy. Volgens die woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, is ‘n groot getal personeellede afwesig en die volgehoue intimidasie van werkende personeel duur voort by sommige kragstasies. Hy sê fase ses duur tot middernag en word môrereoggend om vyf-uur hervat.