Taliban kry beheer van kwart van provinsiale hoofstede in Afghanistan

Die Taliban het binne ‘n week beheer gekry oor meer as ‘n kwart van die provinsiale hoofstede in Afghanistan. Al Jazeera berig die groep het sedert Vrydag beheer geneem oor nege provinsiale hoofstede. Die Taliban beheer reeds groot dele van die platteland vandat hy in Mei ‘n reeks aanvalle begin het om saam te val met die finale onttrekking van buitelandse magte. Met die val van Faizabad is die hele noordooste nou onder die beheer van die Taliban.