Teenkorrupsie-saak tot 31 Augustus uitgestel

Joyce Muzengua, woordvoerder van die LPM, het die redes gegee waarom hulle nie deel is van die sewe politieke partye in die Nasionale Vergadering is wat hande gevat het met die PDM om die speaker, professor Peter Katjavivi te dagvaar oor die prosesse wat aangewend is om Paulus Noa en Erna van der Merwe weer by die Teenkorrupsie-kommissie vir die volgende vyf jaar aan te stel. Sy sê die party se koffers is uitgeput weens uitgerekte hofsake. Die PDM sê die kern van hulle saak is die mag om spesiale sessies uit te stel of te verdaag, wat Katjavivi gedoen het. Die aansoekers sê daardie mag lê by die lede van die Nasionale Vergadering terwyl die respondente, wat Swapo, die LPM, en die UDF insluit, meen dit berus by die President. Regter Collins Parker het die saak tot 31 Augustus uitgestel. Muzengua verduidelik die LMP se redes aan Kosmos 94.1 Nuus.