Tafeldruiwe uit Limpopo gereed vir markte

Die eerste tafeldruiwe uit Limpopo is hierdie week verwerk en dit lei die begin van Suid-Afrika se 2021/2022-tafeldruifseisoen in. Volgens FreshPlaza.com word ‘n oes van tussen 7,7 miljoen en 8,3 miljoen kartonne van 4,5 kilogram elk verwag uit die Loskop-vallei in Limpopo. Die vroegste druiwe word plaaslik in winkels en op markte verkoop waar ingevoerde druiwe tans teen sowat 82 rand per kilogram verkoop. Druiweboere hoop hoër vervoerkoste sal nie hulle uitvoer-winsgrense te veel knou nie.