Ten volle ingeënte Suid-Afrikaners was meer geneig om te stem

Suid-Afrikaners wat ten volle ingeënt is, was meer geneig om gister te stem. Dit is die bevinding ná ‘n opname wat die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing gedoen het. Hulle het onderhoude gevoer met 1 200 mense by drie-honderd stemlokale in alle provinsies. Volgens die RGN is 68 persent van die kiesers ingeënt. Dit is hoër as die nasionale gemiddeld. Sowat 77 persent van die kiesers het minder as 15 minute gewag om te stem en slegs sewe persent sê hulle het langer as 30 minute gewag. Sowat 69 persent van die kiesers was tevrede met die OVK se optrede.