T20 Franchise-reeks: Etosha Wildcats maak skoonskip

Die Etosha Wildcats het die derde wedstryd in Krieket Namibië se Richelieu Franchise T20-kompetisie teen die Fish River Eagles met 5 paaltjies gewen. Die span het 114 vir 5 in 16 boulbeurte aangeteken. In hul tweede wedstryd vir die dag op United in die hoofstad het die Etosha Wildcats die Windhoek Jets met 8 paaltjies gewen. Die span het 135 vir 2 in 16,2 boulbeurte teen die Windhoek Jets aangeteken. Die Jets het 131 vir 4 in 20 boulbeurte gehaal. Vandag sê die Fish River Eagles die Windhoek Jets net voor tien-uur die stryd aan met ‘n tweede wedstryd net voor drie vanmiddag tussen die Namib Desert Lions en die Etosha Wildcats.