VSA moet Kuba van terreurlys verwyder – Lula da Silva

Brasiliaanse president Luiz Inacio Lula da Silva beskryf die embargo wat deur die VSA teen Kuba ingestel is as onwettig. Hy het ook die land se insluiting op die lys van staatsgeborgte terrorisme veroordeel. Voormalige Amerikaanse president Donald Trump het Kuba op die lys geplaas en hoewel die Biden-administrasie ander Trump-era maatreëls omgekeer het, het dit tot dusver nie Kuba van die lys verwyder nie. Lula het by die G77-beraad in Havana die aanmerkings gemaak. Die leiers wat die beraad bygewoon het sal nou na New York vertrek vir die 78ste sessie van die VN se Algemene Vergadering.