Swakop waarsku oor bedrieërs wat voorgee om munisipale werkers te wees

Die munisipaliteit van Swakopmund het te kenne gegee dat daar weer persone is wat voorgee om werkgewers van die dorpsraad te wees. Volgens die munisipaliteit ontvang hulle berigte dat vroue in ‘n Suid-Afrikaans geregistreerde voertuig rond beweeg en sê hulle moet toegang tot verskeie wonings op die dorp. Inwoners word daaraan herinner dat alle munisipale werkers identifikasie aan hulle sal hê en om enige verdagte persone of aktiwiteite onmiddellik aan te meld.