Swakop-staffie: Plaaslike owerhede sukkel met wetstoepassing

Die nuus dat die Swakopmund-munisipaliteit bevestig het dat hy ‘n Staffordshire bullterrier-hond van kant sal maak na ‘n vierjarige meisie op die dorp aangeval is, is groot reaksie uitgelok. Die eienaar van die hond is volgens berigte reeds verskeie kere gewaarsku en dit is na bewering die derde aanval waarvoor die hond verantwoordelik is. Volgens die munisipaliteit se woordvoerder, Linda Mupupa, het dié eienaar glo vyf ongeregistreerde honde, wat teen die munisipaliteit se verordeninge is. Daar is talle munisipale wette na nie in verband met diere nagekom word nie maar, dit blyk ook asof plaaslike owerhede nie van die kapasiteit beskik om die wette af te dwing nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die Windhoek-DBV se bedryfshoof, Sylvia Breitenstein hieroor gesels.