Milanovic sê Krim sal altyd Russies bly

Die Krim, die Swartsee-skiereiland wat in 2014 deur Rusland geannekseer is, sal nooit weer deel van die Oekraïne wees nie. Dit is volgens die Kroatiese President Zoran Milanovic wat ook sy beswaar aangeteken het om militêre hulp aan Kiëf te verskaf. Milanovic, ‘n kritikus van Westerse beleid in die Oekraïne, sê hy wil nie hê dat sy land, die EU se nuutste lidstaat, rampspoedige gevolge oor die 11 maande oue oorlog in die Oekraïne moet trotseer nie. Hy sê wat die Weste oor Oekraïne doen is diep immoreel, want daar is geen oplossing vir die oorlog nie.